Kinderbediening 2011
Aan die begin van die jaar wil ek net persoonlik vir elke kind en ouer in Kruin wat deel vorm van die Kinderbediening baie hartlik welkom sê. Ek doen dit namens ‘n baie wonderlike span kinderwekers wie se hart daarvoor brand om jou kind van Jesus te leer in 2011.
Ek nooi jou uit om op hierdie blog saam te gesels oor die Kinderbediening. Vra asb die vrae wat op jou gemoed rus (dalk is daar iemand anders wat oor dieselfde ding wonder) en ek antwoord met liefde waar ek kan. Miskien kan jy dalk ‘n goeie voorstel maak wat dit wat ons doen nog beter kan maak. Kom ons begin ‘n lekker gesprek oor die Kinderbediening in Kruin.

Schalk ons waardeer julle!
Julle doen soveel goeie werk! Dankie dat julle die Woord bring vir ons kinders!
Musiekgroete
Richter
Richter, baie dankie man!
Dissipline/orde/reëls by die Kinderkerk. Wonder baie hieroor en hoe Jesus dit sou hanteer? Maandag tot Vrydag is regtig ‘n gejaag om kinders by skool en terug te kry, en hulle uit te kry by aktiwiteite en dies meer. Daar is reëls en regulasies wat moet gevolg word – te veel om hier op te noem. Sondae is ‘n mens moeg en wil eintlik net wees…Maar dan bevind ek my weer in hierdie maalkolk van reëls en regulasies, orde en struktuur – party bring ek dalk oor myself (??). Die 09:00 kerk maak dinge wel stukke beter – thanx. Maar hoe streng moet ons regtig wees met byvoorbeeld sake soos: wees betyds – of ons sluit die deur, kry jou kind 10:15 en nie ‘n minuut later of vroeër. En jou kind mag nie durf huil om eerder by jou te bly nie – terwyl skeidingsangs tog ‘n amptelike sielkundige probleem is. Moet my seblief nie verkeerd verstaan. Die Bybel is vol struktuur en orde. Maar pas ons dit reg toe by die Kinderkerk, met die liefde van Jesus? Wonder maar net? Verder is julle werk great!!!
Aloma
Baie dankie vir ‘n belangrike opmerking! Ek wil jou uit die diepte van my hart verseker dat alles wat ons by die kinderkerk doen, ons wil doen in die liefde van Jesus. En ek sal die laaste wees om te ontken dat daar nie tye is wat mense daaroor wonder nie. Dit is juis great dat jy dit hier sê sodat almal by die kinderkerk dit kan hoor en dat ons meer daarop kan fokus.
Ek verstaan wat jy sê oor die dissipline in die week en dan moet dit ook by kinderkerk. Oor iets soos tyd wil ek egter sê – ons kan nie ‘n effektiewe program aanbied as daar gedurigdeur onderbrekings is van mense wat in en uit beweeg nie. Tog wil ons nie hier absolutes stel nie, maar sterk bakens waarbinne ons wil werk. Ons het tog nodig dat ons betyds bymekaar is, anders gaan ons chaos hê. Dit is baie soos die E-Kruin wat Angelique weekliks uitstuur – dit kan net werk as al die rolspelers betyds hulle insette lewer… en soms is dit nodig dat Angelique maar vir ons moet herinner om betyds ons insette te lewer.
As jou kind op ‘n Sondag by jou in die kerk wil sit, is hy meer as welkom – wees daarvan verseker!
Ons sal strewe daarna om vir jou die ruimte te gee om net te kan wees op ‘n Sondag…
Ons is nuwe lidmate by Kruin, en eks verstom oor julle wonderlike werk. Baie opgewonde om as nuwe mamma ook betrokke te raak! DANKIE!
Dankie Madi
Ek weet daar is nog baie wat ons kan doen om te verbeter, maar dit is goed om te hoor van jou goeie belewenis. Ek hoop van harte dat ons vir julle hier by Kruin, en in die besonder by die Kinderbediening, geleenthede kan skep waarin julle die Here sinvol kan dien!
My opmerking gaan nie so seer oor die Kinderbediening nie maar oor die gemeente in die algemeen….dalk moet ek se die erediens. Dit voel vir my asof daar n nuwe gees en atmosfeer in ons gemeente heers en alhoewel dit nog bietjie vroeg is om te se vermoed ek die een diens het baie daarmee te make. Ek was baie skepties oor die een oggenddiens vir n verskeidenheid redes en besware welke redes steeds bestaan maar ek het die samehorigheidsgevoel en die posetiewe invloed van n voller kerk onderskat. Ek is opgewonde oor die jaar wat voorle.j
Dankie Johan
Ek moet sê dat dit nogal lekker is om vir die een vol kerk te preek ook! Miskien leer ons hierin dat ons saamwees meer belangrik en kosbaar is as die akkomodasie van smake…
Ek wil julle bedank vir ‘n wonderlike kinderbediening. As ek dink aan my kinderdae hoe sondagskool was en hoe opwindend julle dit vir ons kinders maak – ek raak skoon opgewonde vir hulle part. My kinders geniet die kinderbediening baie! Kan nie wag vir die volgende Sondag nie. Baie dankie. Ek voel ook die nuwe gees in die erediens. En dit is awesome!
Dankie Sonja
Dis lekker om van jou te hoor!
Dit is die begeerte van my hart dat hierdie nuwe gees ook ‘n nuwe gees van diensbaarheid sal wees.
Ek wil die kinderbediening gelukwens met die wyse waarmee julle die kleingoed benader. My 2 kan nie wag om sondag kerk toe te gaan nie en die vakansies is te lank want dan mis hulle die kinderbediening vreeslik. Die Bybelbende is natuurlik ook ongelooflik. Emile en span doen ‘n uitstekende werk met die kleinmensies. Dankie julle, dit is wonderlik om deel te wees van Kemptonkruin.
Dankie Ronel
Ons streef altyd daarna dat kinders dit geniet om by die kerk te wees!